Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

Briewe aan die Redakteur

Ons lesers skryf:

Oor ” ‘n Kykfees vir almal (Merise #5)”

Liewe Merise,
Duisend DANKIES vir my Merise! Ek geniet Merise so baie. Na 48 jaar in Australië, is dit so lekker om ‘n tydskrif in ons eie taal te lees!
Liefdegroete.
Petra.


 

Liewe Merise-span,
Ai, julle maak my so trots!
Baie dankie vir die pragtige nuusbrief wat ek ontvang het. Ek het elke woord gelees en sien klaar uit na die volgende ene.
Dankie, dames. Doe so voort!
Sonja


 

Liewe Suzette,
Dankie vir die lekkerlees nuusbrief!
Groete en seënwense op al julle harde werk. 💐
Judith xxx


 

Greetings All,
I thought I would share the attached article that appeared in the March/April 2016 edition of Merise, an Afrikaans magazine published here in Perth.
Any publicity for SAMVOA is welcomed and I would like to thank the Editor, Suzette van der Heijden and her team for including us in their publication.
Merise is a very informative publication for the whole family and if you have not already done so, you can subscribe to it at www.merisemag.com
Veteran Regards,
Garth Pienaar


From: Henning Basson
Sent: Friday, 11 March 2016 10:06 PM
To: ‘Suzette van der Heijden’
Dit sal awesome wees! Baie dankie Suzette!
Miems sal jou help met enige fotos of info wat jy nodig het vir die artikel.
Ek het regtig soveel bewondering vir wat jy doen, en waardering vir wat jy vir ons doen.
Henning Basson. Direkteur, ONStv

From: Suzette van der Heijden
Sent: 11 March 2016 11:50 AM
To: ‘Henning Basson’
Hallo Henning,
Dankie dat jy laat weet het. Ja nee, jy weet mos, onkruid vergaan nie 
Dis lekker om te sien hoe Merise weer momentum optel!
Ek sal graag ‘n stukkie wil skryf oor die fliek. Ek sal solank begin om iets saam te stel en dan miskien ‘n paar vrae deurstuur vir die artikel.
Kom ons probeer om sommer die hele Australie in die teaters te kry!!
Lekker naweek,
Suzette


Hallo P,

Ek kan jou teleurstelling dat ons nie op die oomblik die volle tydskrif kan druk nie verstaan, want ek moet self nog vrede maak met my eie teleurstelling. Ongelukkig is die realiteit dat die Afrikaanse mark nie so sterk is as wat ek gedink het nie. Ek moes leer dat alle Afrikaanssprekendes in Australië en NZ nie noodwendig daarin belangstel om hul taal te behou nie, en as hulle doen, beslis nie deur die ondersteuning van ‘n gedrukte Australiese Afrikaanse tydskrif nie.

Om adverteerders te kry wat bereid is om ‘n Australiese Afrikaanse tydskrif te borg, is bykans onmoontlik. Ons mark is eenvoudig te wyd versprei om die minimumreaksie wat ondernemings van advertensies eis, op te lewer. Groot maastkappye soos Nando’s, wat takke in verskillende stede en dorpe het, vereis ‘n minimum drukoplaag van 20 000 voordat hulle dit eers oorweeg om te adverteer. Dan is daar maatskappye soos SAA, wat groot ondersteuning van Suid-Afrikaners in Australië en NZ geniet, maar ook nie bereid was om Merise te ondersteun nie.

Ons het Merise-lesers reeds teleurgestel deur nie tans die volle tydskrif te druk nie. Daar is nie ‘n manier dat ek nou ‘n belofte sal maak dat die huidige boekie net ‘n tussentydse maatreëls is nie. Wat maak ek as dinge nie uitwerk soos ek hoop nie? Volgens my berekenings kan ons weer ‘n volledige tydskrif druk as daar 4 000 gewaarborgde intekenaars is. Eers dan begin die dalende winsopbrengs inskop en breek ons gelyk.

Byna die volle  intekengeld wat gehef word, gaan na Australian Post. Selfs die huidige boekie word deur AU Post as ‘n “large parcel” geklassifiseer en ons betaal die dienooreenkomstige prys! Behalwe van ‘n klein advertensie-inkomste staan ek persoonlik pa vir al die ander kostes, want ek weet dat ‘n publikasie soos Merise vir sommige lesers die enigste ligpunt tydens die aanpassingsproses is.  Die dames wat betrokke is by die samestelling daarvan, doen dit vir die liefde van die saak.

Ek is jammer dat jy die e-pos wat uitgestuur was, geïnterpreteer het as ‘n ‘aanmaning’. Dit was bloot bedoel as kennisgewing vir die wat Merise wil ondersteun.

Nogmaals baie dankie vir jou terugvoer. Ek waardeer dat jy my in ‘n posisie gesit het om beter te verduidelik.

En weereens, baie jammer dat ons jou teleurgestel het.

Vriendelike groete,
Suzette

 

Hallo Suzette

Ek verwag nie ‘n terugbetaling nie,maar jy is reg dat ek teleurgesteld is. Ingeteken vir ‘n volle tydskrif, een ontvang en toe een kleiner weergawe,wat regtig nie aan verwagtinge voldoen nie en beslis nie is waarvoor ek betaal het nie. AS julle die kleiner weergawes ingestel het as ‘n” tussentydse maatreel”,kon dit  nie instaan vir die volle prys van ‘n volledige tyskrif soos waarvoor mens ingeteken het nie. Om ‘n aanmaning vir intekengeld wat verval het aan te stuur is ,voel ek, is ‘n belediging.

Groete en alles van die beste
P

 

Hallo P
Nou het jy my sommer baie bekommerd. Beteken dit dat jy ook nie enige van die kleiner weergawes ontvang het nie?
Ons is jammer dat jy teleurgesteld is. Ons sou graag wou voortgaan met die vol tydskrif (en dalk kry ons dit weer reg), maar gesondheidprobleme is ongelukkig altyd ontydig.
Wil jy hê dat ons die balans aan jou terugbetaal?
Vriendelike groete,
Suzette

 

Baie dankie maar ek stel nie belang om te hernu nie. ek het ingeteken vir 4(vier) uitgawes,$28 betaal en net een uitgawe ontvang en nou het my intekengeld verstryk?? Dus $28 vir een tydskrif.Dankie ,maar nee dankie.
Groete en alles van die beste
P


Goeie more,

Merise-leefstyl – Baie impressive!! Ek hou hiervan!
Mooi dag verder.
Elle Joannides


Hallo Suzette,

Ek hoop dit gaan nou beter met jou gesondheid en wil baie dankie se vir die pragtige nuusblad – dit is altyd so lekker om Afrikaans te lees.  Ek lees elke artikel.
Groete, Hester


Liewe Merise/Suzette en die span

Mag die jaar wat verby is al sy seer, kankers, plaasmoorde, korrupsie, aaklige gebeurtenisse saam met hom vir ewig neem en dat ons nooit weer daarna hoef terug te kyk nie – dat nuwe branders oor ons kan breek – soos jy tereg so mooi in jou briefie se. Good heavens – challenging times hoor!! Ek weet nie meer wat die rofste op jou binnekamer is nie:  Emmigreer of hier agterbly!!

In elk geval, mag julle elkeen n nuwe jaar vol keur seeninge ontvang – uitgesoek deur die Vader se hand!, Mag julle iets oorwin waarmee jul jare lank al sukkel, en mag julle geseen word met guns, geduld, deurdruk, uithou, glimlag, aanhou, hartsliefde, prêt…. en Gods genade!!

Met so baie RSA liefde – dit maak eintlik seer!!!
– Hester Bosman – Mosselbaai

Ps: ek sluit graag hierdie pragtige wens/gebed in – het dit jarrre gelede by n ds in Stellies gevra na hy sy preek daarmee afgesluit het:

Mag God jou seen met n ONGEMAK jeens maklike antwoorde, halwe waarhede en oppervlakkige verhoudinge, sodat jy oop en eg sal lewe.
Mag God jou seen met n HEILIGE WOEDE teenoor ongeregtigheid, verdrukking en die uitbuiting van mense en Sy skepping.
Mag God jou seen met TRANE vir die wat ly onder pyn, verwerping, honger en oorlog, sodat jy jou hande sal uitsteek om hul te troos en hulle pyn kan verander in hoop, vrede, vreugde en liefde.
Mag God jou seen met die soort DWAASHEID wat mens laat glo jy kan n verskil in hierdie wereld maak, sodat jy kan doen wat ander se nie gedoen kan word nie.
(Dis my gebed vir ons almal!)


 

Ons koop altyd Merise wanneer ons in Oz is en andersins bring maatjies dit  maar saam. Die hele dorp hier vrek oor die tydskrif, doet so voort!
– Willie de Klerk


Hi Merise span

Ek wil net baie dankie se vir my fantastiese geskenk! Dis wonderlik om hierdie kwaliteit tydskrif, propvol inspirasie, onder my vingerpunte te he.
Ek waardeer dit!
Beste wense vir julle span vir hierdie jaar.
 – Marlize Mouton


Die Merise span!!!  Baie baie dankie vir die insluiting van my om Merise nou digitaal te ontvang!  Ek voel baie bevoorreg en wens julle net alles van die beste toe vir die toekoms… Dit lees heerlik en ek kon nie wag om die vlg bladjie om te blaai en te kon lees wat daar vir my wag nie!  Dus volgens my beskeie opinie, ‘n reuse suksesvolle manier van lees van ‘n uiters besondere puik Afrikaanse Tydskrif!

– Tina Laubscher


Liewe Merise en Rooibosskincare,

Baie dankie vir die kompetisie en dit was ‘n voorreg om deel te neem en die asemrowende produkte te wen.
Nog nooit iets gewen nie, dis ‘n groot bederf. Daar is klein goedjies wat ‘n mens mis en een van hulle is die Rooibosprodukte. Gaan dit baie geniet. Met opregte dank.
– Resta Eybers


Nou net Merise gekry, puik tydskrif, weereens geluk.

– Frans de Klerk


Hoera my uitgawe 6 van Merise het toe vandag sy opwagting in die posbus gemaak.  Baie dankie vir nog ‘n puik uitgawe.  Jammer dat ek so oorhaastig was om die Merise te ontvang.  Ek voel oor die Merise soos ek in S.A oor die Sarie gevoel het.  Moet se die Merise staan nie ‘n tree terug vir die Sarie nie.  Welgedaan.

Karin van Altena


Wonderlike tydskrif om te lees, baie dankie Merise

– Ansonette de Villiers


Was baie verras om die tydskrif te sien. Is baie opgewonde! Baie geluk julle.

Ek bly al van 1999 in Australia en is altyd lekker om Afrikaans te kan lees.
– Erika Greyvenstein


Ons adverteerders:

To Suzette van der Heijden a heartfelt THANK YOU! Our little family business was featured in your latest issue of Merise and just today I recieved a huge order! One of your readers placed an order with Oz Giftz! The advertising in Merise works!
Chaleen Botha\