Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

Carte Blanche – Week van 12 Feb

Carte Blanche – Week van 12 Feb

Die Carte Blanche span vlek die probleme by CemAir oop, die plaaslike lugredery wat verlede week moes ophou vlieg, en stel dieper ondersoek in na die storie van Darryn August wat in 2016 uit ’n bewegende trein gegooi is omdat hy na bewering ’n swanger vrou probeer beskerm het van bendelede. Maar is dit die hele storie? Showmax intekenare wat oorsee bly kry elke week se episode van Carte Blanche kort op die hake van die Suid-Afrikaanse uitsending.

 

Die Staat se geregtelike oorlog

Van die hof se hersiening van die Openbare Beskermer se verslag oor Staatskaping, tot die Konstitusionele Hof se uitspraak dat die Nasionale Vergadering nagelaat het om Jacob Zuma aanspreeklik te hou – staatsinstellings moet dikwels voor van die land se hoogste howe verskyn. Op enige gegewe oomblik is daar honderde sake teen nasionale, provinsiale en plaaslike departemente aan die gang – en in baie gevalle is dit die regering wat verloor. Is hierdie litigasie geregverdig, of ’n onnodige las vir belastingbetalers.

Vervaardiger: Esté de Klerk en Marzanne van den Berg

Aanbieder:  Devi Sankaree Govender

 

CemAir se vlerke geknip

Verlede week is verskeie vliegtuie van die plaaslike lugredery CemAir gegrond as gevolg van vrae oor hulle lugwaardigheid-sertifikate. Met hulle vlugte gestaak moes gefrustreerde passasiers alternatiewe reisplanne maak. In ’n verklaring het CemAir gesê hulle hoop om binnekort weer in die lug te wees, maar ingeligtes sê hierdie is maar net die begin van hulle probleme. Carte Blanche stel ondersoek in.

Vervaardiger: Graham Coetzer

Aanbieder:  Devi Sankaree Govender

 

Uit ’n bewegende trein geboender

In April 2016 is Darryn August verlam gelaat nadat hy gewelddadig uit ’n bewegende trein gegooi is toe hy probeer het om ’n swanger vrou van bende-lede te beskerm. Hierdie ware superheld se storie van dapperheid het sedertdien mense regoor die land geïnspireer en hy het oorweldigende ondersteuning van mede-Suid-Afrikaners ontvang. Maar steek daar meer agter dié storie?

Vervaardiger: Liz Fish

Aanbieders:  John Webb en Derek Watts

 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *