Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

Afrikaanse musiek blom!

Afrikaanse musiek blom!

Die lekkerste nuwe liedjies is onlangs deur ‘n paar gunstelingsangers beskikbaar gestel.

Ricus Nel se liedjie Rebecca is die gunsteling in die album waarin hy hulde bring aan Worsie Visser. Luister hier  na Rebecca.

Brendan Peyper is nie net ‘n uitstekende sanger nie. Hy is nogal sag op die oog ook! HIerdie 21-jarige sangsensasie is onlangs ook aangewys as ‘n een van twaalf finaliste in die Cosmopolitan SA Sexiest Men 2018 kompetisie. Boonop is Brendan ook gekies as een van die deelnemers aan die agtste uitgawe van Tropika Island of Treasure, waar sewe bekendes – onder andere Melinda Bam, Karabo Mogane en Tumi Voster – en sewe deelnemers van die publiek in spanne – en op die agtergrond van die idilliese Maldives – deelneem vir ‘n prys van ‘n allemintige R1 miljoen in harde kontant. Die kompetisie bestaan uit ‘n stel moeilike uitdagings wat deelnemers se ratsheid, handvaardigheid, koördinasie, uithouvermoë en intelligensie tot die uiterste sal beproef en word elke Maandag aand om 19:30 op SABC 3 uitgesaai.

Brendan spog reeds met ‘n hele rits treffers, topklas-verkope en ‘n tjok-en-blok optredeskedule. Sy nuutste album, “Hy loop oop”, sluit benewens die titelsnit ander danstreffers in soos “Vanaand sê ek net ja”, en “Net ‘n bietjie”, tot twosteps soos “Ek gee jou my woord”, regdeur tot by rustiger snitte soos “Twee is beter as een”, “Jou mond is in die pad”, “Sal jy my vergewe” en ‘n pragduet, “In silhouette saam met my”, saam met Franja du Plessis.

Jy kan hier luister na Brendan se musiek.

Snotkop se nuutste album HKGK (HIER KOM GROOT… KONSTERNASIE!) het pas die trippel goue status merk verby gesteek en is sterk oppad na die volgende mylpaal. Luister hier  na Snotkop.

Elandré het onlangs ‘n musiekvideo gemaak wat einde Februarie vrygestel gaan word. Die Lyn is geskiet by Hartbeespoort dam deur Christiaan Wolf. Luister hier na Elandré se musiek.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *