Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

Sonskerm kan gevaarlik wees!

Sonskerm kan gevaarlik wees!

Gevaarlike chemikalieë kan voorkom in die sonskerm waarmee jy jou kinders se lyf insmeer.

Die Environmental Working Group (EWG) in die VSA het ’n waarskuwing hieroor uitgereik.

Volgens dié groep moet ouers sonskerm met die bestanddele oxybenzone en retinyl palmitate vermy.

Oxybenzone word glo in verskeie sonskerms gebruik. Dit penetreer die vel en gaan die bloedstroom binne waar dit soos estrogeen funksioneer.

Volgens die EWG is sommige kinders ook allergies vir dié middel.

Retinyl palmitate kan op sy beurt die ontwikkeling van gewasse en letsels op die vel bespoedig, lui navorsing.

Die organisasie waarsku ook daarteen om sonskerms met ’n SPF hoër as 50 te gebruik omdat dit ouers valslik laat glo dat hulle nie so gereeld sonskerm hoef aan te smeer nie.

Kies ’n sonskerm met ’n SPF tussen 30 en 50 en wend dit gereeld aan, sê die EWG. Die organisasie beveel ook aan dat room eerder as sproei gebruik word omdat sproei nie so ’n dik en egalige laag vorm nie.

* Bron: www.ewg.org

 

* Hierdie artikel is deur Netwerk24 aan Merise beskikbaar gestel.

Kry al die jongste Suid-Afrikaanse en internasionale nuus in jou moedertaal op Netwerk24. Ons is die aanlyntuiste van al die gunsteling- Afrikaanse koeranttitels soos Die Burger, Beeld, Volksblad en Rapport. Jy kan kies en keur uit ons inhoud van lipleklekkerresepte tot vuurwarm debatte. Sluit aan by die beste gesprek in Afrikaans – Netwerk24 teen slegs R99 per maand of stel dit GRATIS op die proef vir 30 dae!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *