Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

SUIWEL VIR GESONDHEID

SUIWEL VIR GESONDHEID

Vickie de Beer en Kath Megaw se boek, The Low Carb Solution for Diabetics, wys hoe matige suiwel vir ’n gesonde dieet ingespan kan word.

Suiwelprodukte is ’n goeie bron van proteïen en vet, maar diabete moet daarteen waak om te veel suiwel in te neem, sê Vickie. Laktose (’n koolhidraat) in suiwel kan die bloedsuiker verhoog.

“Ongegeurde volroomsuiwelprodukte bevat minder koolhidrate as laevet- en gegeurde produkte. Room bevat minder koolhidrate (sowat 7 g per 250 ml), as volroommelk (met 11,5 g koolhidrate per 250 ml). Kook of bak dus eerder met room en gooi dit selfs in jou koffie,” vertel sy.

Sy beveel die volgende aan:

Ontbyt

Blitsige skommeldrankies.

Maak skommeldrankies (smoothies) vir ontbyt met volroomjogurt en vrugte wat min koolhidrate bevat, soos aarbeie. Avokado’s maak die drankies romerig en kan gebruik word in die plek van piesangs, wat baie koolhidrate bevat.

Middagete

Salmslaai met ricottakaas. (Ricotta is ’n vars kaas met taamlik min koolhidrate en laktose.)

Aandete

Murgpampoentjienoedels met romerige carbonara-sous. (Carbonara is ’n Italiaanse pastasous wat met room en spek gemaak word.)

Drie resepte uit haar boek:

Vickie se allerlekkerste suurroomkoek

Lewer 6 porsies

Bestanddele

300 g (750 ml) amandelmeel

30 g (60 ml) weipoeier

8 g (10 ml) bakpoeier

7 g (5 ml) koeksoda

1 ml (¼ t) sout

250 ml (1 k) suurroom

75 g (80 ml) xilitol, fyngemaal

2 eiers

2,5 ml (½ t) vanieljegeursel

Maak dan só:

Voorverhit die oond tot 160 °C.

Voer ’n koekpan (20 cm in deursnee) met bakpapier uit.

Meng die amandelmeel, weipoeier, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ’n groot mengbak.

Klits die suurroom, xilitol, eiers en vanieljegeursel saam in ’n ander mengbak.

Roer die droë bestanddele saam met die nat bestanddele tot goed gemeng.

Gooi die beslag in die voorbereide koekpan en bak 35 minute of totdat dit goudkleurig is en ’n toetspen skoon uitkom.

 

* Hierdie artikel is deur Netwerk24 aan Merise beskikbaar gestel.

Kry al die jongste Suid-Afrikaanse en internasionale nuus in jou moedertaal op Netwerk24. Ons is die aanlyntuiste van al die gunsteling- Afrikaanse koeranttitels soos Die Burger, Beeld, Volksblad en Rapport. Jy kan kies en keur uit ons inhoud van lipleklekkerresepte tot vuurwarm debatte. Sluit aan by die beste gesprek in Afrikaans – Netwerk24 teen slegs R99 per maand of stel dit GRATIS op die proef vir 30 dae!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *