Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

Dis tyd om te sokkie!

Dis tyd om te sokkie!

Valentynsdag is om die draai en soos gewoonlik word heerlike sokkies gereël om dit te vier. Musiek Fabriek bederf Suid-Afrikaners in Brisbane sedert 2000 met lekker sosiale byeenkomste. Hulle hou gewoonlik ‘n Valentynsdans, ‘n Lentedans en ‘n Oujaarsdans. Daar is gewoonlik minstens 300 mense by ‘n dans, en daar was al 750 mense by een van die byeenkomste.

Die Afrikaanse kerk Lux Mundi Reca  in Perth begin hul sosiale kalender vanjaar met ‘n eg Suid-Afrikaanse sokkie! Bespreek jou plek by www.trybooking.com/TRIC of kontak vir Hannelie Evans by  0430 888 631. Die sokkie word op 17 Februarie van 18.30 tot 23.00 gehou by die Gumblossom Community Centre in Tapping way, Quinns Rocks, WA. Toegang is $40 per gesin van 2 volwassenes en 2 kinders, $10 per student of skolier en $15 per volwassene. Toegang vir voorskoolse kinders is gratis.

Hennie Botha van Musiek Fabriek in Brisbane het laat weet dat hulle vanjaar weer ‘n lekker Valentynsdans reël. Dit vind eerskomende Saterdag, 10 Februarie, plaas by die Samford Community Centre, School Rd, Samford Village, QLD. Toegangsfooie vir almal bo 12 jaar is $10 per persoon, kinders van 5 tot 12 jaar betaal $5 en geen fooie word gehef vir kinders onder 5 jaar nie. Die dans begin om 7 uur nm. Jy kan jou tafel vooraf bespreek teen $20 per tafel. Hierdie bedrag is vooruitbetaalbaar en sluit nie jou toegangsfooi in nie. Doen asb die oorbetaling vooraf en stuur ‘n e-pos na j.botha@bigpond.com om die betaling te finaliseer. Bankbesonderhede vir die oorbetaling is: Account Name: Jeana Botha; BSB: 06 4180; Account Number: 1040 8059; Bank CBA; Verwysing: Jou naam en van.

Daar is net 26 tafels (8 stoele per tafel) beskikbaar. Tafels verkoop omtrent elke dans uit en as jy wil hê jou tafel moet vir jou wag as jy daar kom MOET jy vooraf bespreek. Tafels wat nie vooraf bespreek word nie, word gratis beskikbaar gestel.

Jy is welkom om jou eie kampstoele en tafel saam te bring en buite onder die veranda op te stel.

KINDERS: Kinders is baie welkom, maar geen toesig of vermaak word vir hulle gereël nie. Ouers is dus self verantwoordelik vir die toesig van hul eie kinders.

BRING SAAM: Piekniekmandjie met eetgoed, drinkgoed en eie eetgerei en glase (eie alles).

BRAAIERS: Geen braaiers word voorsien nie, maar jy is welkom om ‘n braai saam te bring.

MUSIEK: Onder leiding van Hennie Botha van die Musiek Fabriek (Besprekings: 0455 98 5275). Versoeke is welkom (bring asb jou versoek op CD of Musiek DVD vir groot-skerm).

NAVRAE: Kontak Musiek Fabriek op facebook of stuur ‘n e-pos na j.botha@bigpond.com vir meer besonderhede. Inligting oor ander sosiale geleenthede of verandering van reëlings vir die dans sal op Musiek Fabriek se Facebook-blad by die “events”-afdeling geplaas word.

DISCLAIMER: By attending this event you voluntarily agree to waive and release the organisers and sponsors (individually and collectively), including volunteers and representatives thereof, and indemnify them against any liability (including liability for negligence) for the death, injury or any physical or mental illness, incapacity of property damage or loss which you may suffer which may directly or indirectly result from your participation in the event/fundraiser. You further verify that you are in proper physical and mental condition to participate in the event and acknowledge that you are aware of the risks involved and voluntarily agree to assume those risks.

First year primary education student looking for a part time position in retail, hospitality, office administration or child care. Working with children card, national police clearance, Hospitality I certificate and excellent contactable references. Her best attributes – can do, reliability and hardworking. Please PM Kyla Botha at www.linkedin.com/in/kylabotha if you can assist with a part time position.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *