Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

Die week op Carte Blanche!

In hierdie week se uitgebreide 90-minuut episode van Carte Blanche, wat Showmax se internasionale intekenare van Dinsdag, 30 Januarie af kan kyk, bied die span insig en ontleding van verskeie fasette van dei Gupta-ryk en die Life Esidimeni-verhore, en bring hulde aan ‘n Suid-Afrikaanse ikoon.

Life Esidimeni vehore duur voort

Voormalige Gauteng LUR vir Gesondheid, Qedani Mahlangu, moes uiteindelik hierdie week getuig in die Life Esidimeni arbitrasie verhore, waar sy om verskoning gevra het vir die families van slagoffers van dié tragedie. Maar tydens haar  getuienis het sy geen verantwoordelikheid geneem nie en het die blaam verskuif na die geskorste hoof van die Gauteng Gesondheidsdepartement, Barney Selebano en die direkteur van Geestesgesondheid, Dr Makgabo Manamela, wat beide onlangs uit hul poste bedank het. Intussen soek die families wat geraak is steeds na antwoorde en die groot vraag bly staan: wie gaan uiteindelik verantwoordelikheid neem vir die tragiese sterftes van 143 staatspasiënte?

Vervaardiger: Anna-Maria van Niekerk en Marzanne van den Berg

Aanbieder: Devi Sankaree Govender

Navorser: Siniketiwe Hlanze

 

Trillian: Bianca Goodson praat

In ’n in-diepte onderhoud lig voormalige Trillian bestuursbeampte Bianca Goodson die sluier op die binnewerking van die Gupta-ryk en onthul hoe maatskappye met Gupta-bande beplan het om miljarde te tap van ondernemings in staatsbesit. Goodson maak ook teenoor Carte Blanche oop oor die geheime lewe van ’n fluitjieblaser – die vrees, angstigheid en depressie wat geassosieer word met uitpraat.

 

Vervaardiger: Graham Coetzer

Aanbieder: Macfarlane Moleli

 

Estina Melkplaas

In 2014 het Carte Blanche ondersoek hoe ’n massiewe boerdery-projek, die Estina Melkplaas wat veronderstel was om plaaslike Vrystaat-boere te bevoordeel, net nóg ’n skema geword het waardeur die Gupta-familie die staat wou melk vir miljoene van belastingbetalers se rande. Soos die Nasionale Vervolgingsgesag neder beweeg aan een van die grootste geldwassery-skemas word die melkplaas weer die middelpunt van die voortdurende ondersoek na Staatskaping.

 

Vervaardiger: Kate Barry

Aanbieder: Devi Sankaree Govender

Navorser: Sasha Schwendenwein

 

Eskom: Afleidings en ontkennings

Dit was ’n besige paar dae vir Eskom, van die aankondiging van die nuwe Raad tot die bedanking van die voormalige Uitvoerende Finansiële Beampte Anoj Singh. Hierdie week het Singh en die Hoof van Opwekking, Matshela Koko, ook voor die parlement se ondersoekkommissie na die krag-maatskappy verskyn, maar as LP’s gehoop het vir reguit antwoorde was hulle bitterik teleurgesteld. Singh en Koko het eerder ontkennings en afleidings aangebied, of kon eenvoudig nie onthou wat hulle rolle in gebeure wat Eskom volgens sommige LP’s op sy knieë gedwing het, was nie. Carte Blanche ondersoek die storie soos dit ontvou.

 

Vervaardiger: Joy Summers 

Aanbieder: Devi Sankaree Govender

Navorser: Tony Beamish

 

Hugh Masekela: ’n Reus het geval

’n Internasionale ikoon, trompetspeler, komponis en musikant, en die “vader van Suid-Afrikaanse jazz” het vroeër verlede week in die ouderdom van 78 jaar tot sterwe gekom ná ’n uitgerekte stryd teen prostaatkanker.

Hugh Masekela was ’n legende in jazz-kringe wat tydens die apartheidsjare sy musiek gebruik het as protes teen die regering en om politieke verandering in Suid-Afrika aan te vuur. Carte Blanche bring hulde aan ’n Suid-Afrikaanse musikale reus.

 

Vervaardiger: Julian Sun

Aanbieder: Bongani Bingwa

Navorser: Siniketiwe Hlanze

 

SA-skiër kwalifiseer vir die Olimpiese Spele

Barkly-Oos aan die voet vand ie Maluti-berge in die Ooskaap is omtrent so ver soos mens kan kom van die beroemde ski-oorde van die wêreld, en hierdie berghange is slegs vir 3 maande van die jaar bedek met sneeu.

Tog het hierdie klein dorpie ’n jong man opgelewer wat gekwalifiseer het vir die Winterspele wat volgende maand in Suid-Korea plaasvind. Carte Blanche gaan ski saam met die 22-jarige Sive Speelman.

Vervaardiger: Sasha Schwendenwein

Aanbieder: Derek Watts

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *