Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

Die grootste nuusstories in SA op Carte Blanche

Die grootste nuusstories in SA op Carte Blanche

Het die Batebeslagleggingseenheid al enige goeie resultate opgelewer? Sal die DA sy interne magstryd oorleef? Wat is my regte wanneer dit by tele-bemarking kom? Carte Blanche bekyk al hierdie vraagstukke en antwoord jou vrae ook. Showmax intekenare wat oorsee woon kan elke Dinsdag uitsien na ’n nuwe episode van Carte Blanche op hulle skerms.

Eerste slag van die Batebeslagleggingseenheid

Hierdie week het die Batebeslagleggingseenheid hulle eerste aanslag teen die internasionale konsultasiefirma McKinsey en Trillian, ’n maatskappy met Gupta-bande, geloods. Hulle bevel bevries bates van R1.6 miljard, maar volgens die NVG is dit slegs die begin. Hulle hoop om nog R50 miljard terug te kry. Suzanne Daniels, die Eskom-beampte wat eerste was om aan te beveel dat hierdie maatskappye die geld terugbetaal, maar kort daarna afgedank is, staan ’n eksklusiewe onderhoud aan Carte Blache toe. (Vervaardiger: Joy Summers; Aanbieder: Devi Sankaree Govender; Navorser: Tony Beamish)

Jong helde

Hulle is net 12 jaar oud, maar deur hulle onbaatsugtige pogings om die slagoffers van die Kroonstad treinongeluk by te staan, het hulle die hele nasie se verbeelding aangegryp. Nadat hulle die insident gesien het, het twee seuns hulle na die toneel gehaas om gewondes te help, en hulle het babas en ou mense uit die trein getrek. Carte Blanche ontmoet die jong Suid-Afrikaanse helde Evert du Preez en Mokoni Chaka. (Vervaardiger: Mart-Marie Faure; Aanbieder: Macfarlane Moleli)

DA Toekoms

Terwyl die ANC as regerende party ’n herlewing onder die nuwe leierskap van Cyril Ramaphosa ervaar, broei daar moeilikheid onder die opposisieparty, die Demokratiese Alliansie. Van Kaapstad na Port Elizabeth na Johannesburg kwel ernstige interne magstryde die DA. Kan die opposisie die politieke implikasies hiervan in die Weskaap en hulle sleutel-metropole in die res van die land oorleef? Carte Blanche ontleed ’n party wat oënskynlik in wanorde verkeer.   (Vervaardiger: Liz Fish; Aanbieder: John Webb)

Klipgooi op hoofweë

Dis ’n dodelike praktyk wat dikwels fatale nagevolge het. Gauteng en KZN beleef ’n nuwe vlaag klipgooiery van brûe bo-oor snelweë wat lewens eis en motoriste beseer. Maar is dit slegs roekelose toertjies of deel van ’n onderduimse plan om beseerde motoriste van waardevolle besittings te beroof? (Vervaardigcer: Nicky Troll; Aanbieder: Claire Mawisa)

Tele-bemarking: Jou regte

Ons raak almal warm onder die kraag oor daardie knaende tele-bemarking oproepe wat vir ons alles van versekering tot selfoonkontrakte aanbied. Plaaslik is dit groot besigheid, met Suid-Afrika wat onder die top- 5 lande wêreldwyd tel wanneer dit by gemorsoproepe kom. Maar is dit wettig om ongevraagde krediet aan te bied of om jou privaat kontakbesonderhede op rekord te hou as jy gevra het dat dit verwyder moet word? Carte Blanche vind uit wat jou regte as verbruiker is. (Vervaardiger: Sophia Phirippides; Aanbieder: Macfarlane Moleli)

Het jy nog nie Showmax nie?

Let asseblief daarop: Carte Blanche is slegs beskikbaar vir internasionale Showmax intekenare in Andorra, Australië, Oostenryk, België, Kanada, Denemarke, Finland, Frankryk, Duitsland, Griekeland, Ysland, Indonesië, Ierland, Italië, Liechtenstein, Luxemburg, Malta, Monaco, Nederland, Nieu-Seeland, Noorweë, Portugal, San Marino, Spanje, Swede, Switserland, Vereenigde Koninkryk and Vereenigde State. Alle titels is nie in alle streke beskikbaar nie. Showmax bring vir jou die beste Suid-Afrikaanse reekse en flieks, van klassieke titels tot die jongste vrystellings tot volledige ’box sets’ tot kinder-gunstelinge.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *