Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

Die Radio Raps Show on Showmax

Die Radio Raps Show on Showmax

Jonathan van die Oos-Rand neem reeds vir jare die internet op horings met sy maltrap webreeks Radio Raps, maar nou staan hy ook gereed om die komedie-koning van die kassie te word. Die nuwe realiteitsreeks Die Radio Raps show is van 19 Januarie af elke Vrydag op Showmax te sien, en die nuutste episodes sal op Saterdae beskikbaar wees.  Jonathan, die verhoognaam van Rikus de Beer, sal op die program onderhoude met bekendes voer en na minder-bekende bestemmings reis, hy sal kook-demonstrasies lewer, komplekse konsepte vir ons leke uitlê en met kinders gesels oor ’n verskeidenheid onderwerpe.  Sy unieke sin vir humor speel die hoofrol in die reeks, wat propvol van die essensie van die oorspronklike Radio Raps is. Die eerste twee episodes sal op 19 Januarie op Showmax afskop, so maak ’n afspraak met jouself vir ’n rapsie lekker-lag so net voor die naweek.

 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *