Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

DROVERS INSIDE AND OUT

DROVERS INSIDE AND OUT

deur TESS FRASER-GRANT

Drovers Inside and Out bied ‘n unieke inkopie-ervaring. Daar is ‘n bietjie van elk van jou gunstelingwinkels te kry – alles onder een dak. Die Suid-Afrikaanse invloed is onmiskenbaar, maar daar is ook ‘n bietjie van Bali.

Die eienaars van die winkel ontwerp en bou sommige van die meubels self. Ander meubels, soos ‘n egte Bali-gazebo, word ingevoer. Drovers Inside and Out bied ‘n wye verskeidenheid produkte – van verfynde en tradisionele huisware tot bonkige, soliede meubels wat ‘n tweede kans gegun word. Sekere items kan op aanvraag aangepas of ontwerp word om by individuele behoeftes te pas.

Huisitems wat bymekaar hoort, word saamgegroepeer om dit vir die koper makliker te maak om te visualiseer hoe dit in hul eie huis sal werk. Die binnehuisversierder, Sam, help graag omdat sy weet hoe moeilik dit soms is om te besluit hoe ‘n meubelstuk in ‘n spesifieke plek sal lyk en moedig klante aan om ‘n foto van die vertrek saam te bring. As jy iets spesifieks soek, sal Drovers dit met graagte vir jou ontwerp en maak.

By Drovers kan jy meubels koop vir binne en buite die huis. Jou volgende sitkamerstel of eetkamerstoele wag moontlik daar vir jou, of dalk meubels vir die stoep, of sommer net planthouers. Dis vir die mense van Drovers belangrik om goeie waarde vir geld te bied en om ‘n uitstekende diens te lewer. Hulle help selfs met tuinuitleg en verkoop pragtige waterfonteintjies (water features).

Die winkel hou elke maand ‘n “Kick Ass”-uitverkoping, kompleet met die handelsmerk van ‘n donkie, waar een van hul pakhuise die pryse tot op die been sny. ‘n Voorbeeld daarvan was die prys van ‘n stoepstel wat van A$1299 verminder is tot net A$399.

Gaan na www.droversinsideandout om te sien wanneer hulle weer ‘n uitverkoping hou of vir meer inligting. Met ‘n bietjie beplanning kan dit ‘n heerlike gesinsuitstappie word, want dit is reg langs die Spur Steakhouse!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *