Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

Nuwe Sitkom: Die Kasteel

Nuwe Sitkom: Die Kasteel

Beskikbaar op Showmax vanaf 11 Januarie – nuwe episodes elke Donderdag

Die Kasteel is ’n splinternuwe Afrikaanse kykNET sitkom wat, soos dit ’n behoorlike sitkom betaam, voor ’n regte-egte gehoor opgeneem word. Die storie gaan oor Eckhard en Tina-Marie de Wet, voorheen windgat inwoners van Waterkloof, wat al hulle geld in ’n Pozi-skema verloor. Al wat hulle oor het is hulle luukse huis, en hulle besluit om dié in ’n boetiek-hotel te omskep om die familie van totale ondergang te red. Hulle donskop dogter Michellay probeer hand bysit, en die tuinier Wilson en huishulp Cecilia moet natuurlik ook bontstaan wanneer die gaste begin aanklop – al het niemand eintlik die vaagste benul wat hulle doen nie. Die Kasteel spog met ’n sterbelaaide rolverdeling: Hannes Muller,  Dorette Potgieter, Cintaine Schutte, Solomon Cupido en Pulane Sekepe is die sentrale spelers, en elke week is daar ook ’n kleurvolle span gasspelers wat die lagspiere help tokkel.  Daar is weekliks ’n nuwe episode van Die Kasteel op Showmax.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *