Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

Knapsekêrels: Beskikbaar op Showmax vanaf 10 Januarie

Knapsekêrels: Beskikbaar op Showmax vanaf 10 Januarie

Paul C. Venter se reekse (Onder andere Arende, Torings, Konings, Vlug na Egipte) is met rede gunstelinge onder Suid-Afrikaners, en sy jongste reeks, Knapsekêrels, beloof net soveel intrige en opwinding soos vorige stories uit sy pen. Dié kykNET reeks speel in Johannesburg af en handel oor vier uiteenlopende families: Die Bekkers, Zimmermans, Davidse en Fortuins leer mekaar noodgedwonge beter ken wanneer ’n lid van elke gesin betrokke raak by ’n jaagtog om oorlewing en bestaansreg in die groot stad. Skalkie Fortuin en Mynie Bekker werk saam by Interactive Security, en Skalkie kry die geleentheid van ’n leeftyd wanneer hy aangestel word om die welgestelde sakeman Hans Zimmerman se dogter Addie op te pas. Die opdrag is egter nie naastenby so eenvoudig soos dit klink nie. Bekendes soos Dawid Minnaar, Christia Visser, Armand Aucamp, André Odendaal, Sandi Schulz en Terrence Bridgett is in die uurlange episodes te sien. Maak seker jy mis nie ’n oomblik van die aksie nie: daar is weekliks ’n nuwe episode op Showmax.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *