Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

Elders: Die Camino – ‘stap’ saam, elke Woensdag op Showmax!

Elders: Die Camino – ‘stap’ saam, elke Woensdag op Showmax!

Erns Grundling se boek Elders oor sy ervaring tydens die stap van die Spaanse pelgrimstog bekend as die Camino, is ’n topverkoper wat lesers meevoer op ’n lewensverrykende voetreis, maar ook op ’n innerlike tog. Erns was aan die begin van 2015 gediagnoseer met slaap apnee. Boonop was hy oorwerk, oorgewig en oorstuur. Sy besluit om die lang kronkelpad van die Camino man-alleen te gaan aandurf, sonder selfoon of vriende, was net wat die dokter bestel het.

Twee jaar later, in Maart 2017, stel hy sy boek oor hierdie reis vry, en in September verlede jaar stap hy weer die 350km, maar hierdie keer is hy nie alleen nie. Hierdie keer word hy vergesel van ’n klein kameraspan van Palama Productions, bestaande uit die vervaardiger Niel van Deventer, die aktrise en regisseur Charlene Brouwer, en die videograaf Kobus Zietsman.

As jy hierdie reeks gekyk het, gaan jou voete sommer jeuk om self so ‘n roete aan te pak. Jy sal sien hoe die span die stap geniet terwyl hulle kop skoonmaak, in die oomblik leef en saam die natuurskoon van Spanje geniet. Boonop ontmoet hulle ook interessante stappers langs die pad.

Voornemende Camino-stappers sal meer uitvind oor die verblyf en kos wat hulle tydens so ’n staptog kan verwag, terwyl rusbankreisigers vermaak en verkwik sal voel deur hierdie besonderse avontuur. Kyk sommer dadelik na splinternuwe episodes op Showmax.

Nog nie ingeteken op Showmax nie? Gaan na www.showmax.com en begin ‘n rusbankreis wat jy lank sal onthou!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *