Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

Verewig jou mooiste herinneringe

Verewig jou mooiste herinneringe

Die span van Frendz Art & Craft Supplies in Clarkson, Perth, gebruik verskillende tegnieke, verkry van kaartjies, plakboeke en mini-albums, om ‘n pragtige houer te skep waarmee jy kan spog of die geleentheid wat uitgebeeld word, weer opdiep en herleef. Gehalteprodukte word gebruik sodat jou spesiale herinneringe só gebêre word dat dit lank behoue sal bly.

Frendz gebruik ‘n verskeidenheid gekleurde papier wat kunstig versier is. Hierdie papier word dan op spesiale maniere gevou en saam met sakkies en flappe gevoeg wat die tema wat jy kies, op die beste manier ten toon stel. Foto’s, strooibiljette, brosjures en ander spesiale items word in die plakboek geplaas om jou aan kosbare tye saam met vriende en familie te herinner of om ‘n besondere geleentheid of ondervinding altyd te onthou.

Verskillende interaktiewe plakboeke (scrapbooks) word in basiese pakkette saamgestel wat jy kan aankoop en verder met papier of ander items versier. Die interaktiewe bladsye word saamgebind met ‘n sterk gom en kleefband wat aan weerskante plak. Die papier bevat geen suur of lignien nie sodat die integriteit van onvervangbare oorspronklike dokumente en foto’s behoue sal bly.

Elke interaktiewe bladsy het ‘n dik spaanderbordbasis (chipboard) wat oorgetrek word. Papier word in lae bo-oor dit geplak waarin spesiaal gevoude papier, flappe en sakkies gesit word om verskillende effekte op die voorste en agterste bladsy te vorm. Tussen veertig en vyftig foto’s kan op elke bladsy geplak word en hoogstens vier bladsye word in ‘n album met 3 ringe saamgebind.

Veertien verskillende interaktiewe bladsye word op Frendz Art & Craft se webblad ten toon gestel. Jy kan interaktiewe plakboekpakkies asook skakels na YouTube-video’s waarin instruksies uiteengesit word, by die winkel bestel.

Kontak Wilna van der Merwe by 08 94078860 om jou plakboekpakkie te bestel, of om jou plek te bespreek om ‘n werkswinkel in interaktiewe plakboekwerk by te woon.

Hier onder is ‘n voorbeeld van hoe een interaktiewe bladsy kan verander in 7 verskillende ontwerpe:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *