Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

Die 457 visum is tot niet gemaak!

Die 457 visum is tot niet gemaak!

Mnr Malcolm Turnbull, die eerste minister van Australië, het vandag aangekondig dat die tydelike 457-werkvisum tot niet gemaak is omdat hierdie visum uitgedien is. Dit gaan vervang word met twee nuwe tydelike visums vir werkers met spesifieke vaardighede.

‘n Twee-jaar en ‘n vier-jaar visum gaan in die plek van die 457-visum ingestel word. Nuwe vereistes sal geld vir hierdie visums, onder andere ‘n veel korter lys van beroepe (die lys is met 200 beroepe verkort), ‘n vereiste dat die aansoeker minstens twee jaar werksondervinding opgedoen het in die beroep, verpligte polisieklaring en in die meeste gevalle sal werkgewers wat oorsese werknemers wil borg verplig word om die arbeidsmark te toets om te bewys dat so ‘n vakature bestaan. ‘n Hoër vaardigheidsvlak vir Engelstaligheid sal ook gestel word vir die vierjaarvisum.

Volgens mnr Turnbull word die nuwe visas so ontwerp dat oorsese indiensneming topkandidate moet lok in nasionale belang.

Minister Peter Dutton, Australië se minister van immigrasie, sal binnekort meer besonderhede bekend maak.

Die huidige Temporary Work (Skilled) visa (subclass 457) was een van die gewildste visums waarvoor Suid-Afrikaners aansoek gedoen het. Dit het hulle toegelaat om met hul gesinne na Australië te verhuis en na ‘n minimumtydperk aansoek te doen vir permanente verblyf.

Mr Turnbull’s se toespraak kan hier gesien word: https://www.youtube.com/watch?v=suohBZhXQFQ

Al hoe minder Suid-Afrikaners het oor die afgelope sewe jaar na Australië ge-emigreer.

Migrante van Suid-Afrika na Australië Temporary Work (Skilled) visa (subclass 457)
2015-16  4 337
2014/15  4 284 1 717
2013/14  4 908 1 682
2012/13  5 476 2 870
2011/12  7 640 4 086
2010/11  8 612
2009/10 11 081

 

Suid-Afrika skuif ook die afgelope paar jaar geleidelik terug in die mees gewilde “bron”-lande vir Australiese immigrasie. In 2009/10 was Suid-Afrika die vierde grootste groep migrante na Australië, maar in 2015/16 was Suid-Afrikaners die negende-grootste groep.

Die vyf beroepe wat die hoogste in aanvraag was onder die vaardigheidsstroom (skill stream), was rekenmeesters, programmeerders, geregistreerde verpleegsters en eksterne ouditeurs. Daar was aansienlik minder poste beskikbaar vir rekenmeesters (Van 14 000 in 2010/11 teenoor 3600 in 2015/16), maar die vraag na programmeerders neem steeds toe. (Van 3289 in 2010/11 tot 3400 in 2015/16).

Meer inligting oor die nuwe visums is hier beskikbaar: https://www.border.gov.au/Trav/Work/457-abolition-replacement

Bron: www.border.gov.au

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *