Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

PETIT VERDOT – ‘n smaaksensasie!

PETIT VERDOT – ‘n smaaksensasie!

deur Papsak

Net anderdag sit ek en vroutjielief aan vir ‘n heerlike aandete in ‘n klein restaurantjie in Margaret River. Op die spyskaart was ‘n rooiwyn waarvan ek nog nooit gehoor het nie – ‘n Petit Verdot. Ek moes die wyn eenvoudig op die proef stel en het sonder seremonie ‘n glas bestel. Wat ‘n aangename verrassing! Die diep, intense kleur van hierdie rooiwyn práát met jou en die smaak gryp jou aan en voer jou mee na ‘n wêreld gevul met heerlike, sappige vrugte. Sedertdien is hierdie een van my gunstelingwyne.

Petit Verdot was aanvanklik in die Bordeaux-gebied van Frankryk gebruik as deel van ‘n Bordeaux-mengsel om kleur, tanniene en smaak by te voeg. Ongelukkig word hierdie druifsoort laat ryp in Frankryk, wat tot gevolg gehad het dat dit nie meer so algemeen in gebruik is nie. Gelukkig vaar Petit Verdot heelwat beter in Australië en is daar al topwyne van hierdie druifsoort gemaak. Die wyn hou daarvan om gedekanteer te word omdat blootstelling aan lug die harde tanniene versag, sodat jy dan ‘n heerlike smaaksensasie kan geniet.

Ons het ‘n kas Petit Verdot van die Clairault-landgoed noord van Margaret River gekoop en die wynmaker het ons verseker dat die wyn in die volgende vyftien jaar goed sal verouder. Ek beveel hierdie wyn ten sterkste aan.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *