Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

Da vat hy op ShowMax!

Da vat hy op ShowMax!

Die Oosrand is groot op YouTube te danke aan Jonathan van Radio Raps. Dié kêrel is mos nie op sy bek geval nie en sy praktiese raad wat kykers help om alles te doen van visvang tot boer is só nuttig dat miljoene mense op die videos kliek.

Jonathan – Die movie, die logiese volgende stap in die YouTube-superster se loopbaan, word in Desember in fliekteaters uitgereik, maar jy kan solank opwarm vir dié groot gebeurtenis deur Radio Raps op ShowMax te kyk. Die DVD’s Life 101 en Life 201 is opnames van Jonathan se ”live shows” – al sy wyshede en kwinkslae, reguit uit die perd se bek. Sy basiese lewenslesse sal jou help om die lewe deur ander oë te sien en die snaaks daarin raak te sien. Jonathan voel dat solank jy niks te ernstig opneem nie en onthou om nou en dan te lag, sal als okay wees, olraait?

As jy nog nie op ShowMax ingeteken is nie, maak gebruik van die gratis 7-dae proeflopie, en kry toegang tot duisende episodes van die beste programme en flieks. Kyk waar en wanneer jy wil op jou slimfoon, tablet of slim TV of skootrekenaar.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *