Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

Du Toit Bredenkamp in die finaal!

Du Toit Bredenkamp in die finaal!

Baie geluk aan die Suid-Afrikaans gebore Du Toit Bredenkamp, wat onlangs as een van van die ses finaliste vir die 2016 Rob Guest Endowment-toekenning aangewys is. Ons is sommer baie trots op jou en wens jou alle sukses toe!

As jy vir Du Toit en die 5 ander finaliste wil sien optree by die Sydney Lyric Theatre op Maandag, 14 November 2016 in die 2016 Rob Guest Endowment Grand Final Concert, kan jy jou kaartjie vanaf Dinsdag, 4 Oktober, op Ticketmaster aankoop. ‘n Professionele orkes gaan die finaliste op die groot aand begelei en boonop gaan hulle ook saam met ‘n paar van Australië se mees geliefde sterre optree.

Al die finaliste speel tans in teateruitvoerings regoor Australiê.  Du Toit vertolk op die oomblik die rol van Rolf Gruber, die kêrel van die pragtige Liesl von Trapp (gespeel deur Stefanie Jones) in The Sound of Music in Perth. Die ander finaliste is Linden Furnell (Kinky Boots), Stefanie Jones (The Sound of Music), Genevieve Kingsford (The Light In The Piazza), Matthew Predny (Kinky Boots) en ‘n 2015-finalis Hilary Cole (Kinky Boots).

Byna 300 kunstenaars het vanjaar ingeteken vir hierdie toekenning.  Groot name soos onder meer Andrew Pole, Kellie Dickerson, Christopher Horsey en Lisa O’Dea tree op as beoordelaars. Hierdie kompetisie het ten doel om kunstenaars te help om in die Australiese musiekteaterbedryf uit te blink  en vind vanjaar vir die agtste agtereenvolgende jaar plaas. Die wenner sal wegstap met prysgeld ter waarde van A$20 000.00. Die bedoeling van die prysgeld is dat dit aangewend moet word die kunstenaar se optree-ondervinding te verbeter, om meer te leer oor hoe die media werk  en ook om te leer hoe om ‘n openbare beeld uit te bou .

Deelnemers ding ook mee om die Melbourne’s East End Theatre District Artist Development-toekenning, wat ‘n kontantprys van $5 000.00 is. Die ‘runners up’ sal elkeen ook ‘n prys van A$1 500.00 huis toe neem.  Die semi-finalis wat die mees belowende talent toon, sal ook die Playbill Future Prospecttoekenning ter waarde van $1500.00 ontvang.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *