Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

MAAK JOU EIE BILTONGMAKER VIR MINDER AS A$50.00

MAAK JOU EIE BILTONGMAKER VIR MINDER AS A$50.00

JY BENODIG:

50 liter plastiekhouer

Badkamer-suigwaaier (“Extractor Fan” by Bunnings te koop)

15 cm x 15 cm skadunet of sif

Warmgomgeweer (“Hot glue gun”)

Binddraad

Stanley-mes

Dowel-stokkie

‘n Elektriese boor

biltong wat jy nodig het

  1. Gebruik die Stanley-mes om ‘n gat effens kleiner as die waaier in die kant van die houer te sny.
  2. Sny ook ‘n vierkant in die ander kant van die houer. Gebruik die gomgeweer en die skadunet om die vierkant te bedek.
  3. Boor 3 gaatjies dieselfde grootte as die Dowel-stokkie in die kante van die houer. Herhaal die proses aan beide kante.
  4. Gebruik die binddraad om die waaier aan die buitekant van die houer vas te maak, regoor die gat.
  5. Gom die deksel van die waaier aan die binnekant van die houer vas met die gomgeweer.
  6. Sny die Dowel-stokkie in drie dele, plaas dit in die gaatjies wat jy in die houer geboor het en siedaar – jou eie biltongmaker!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *