Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

MEERVOUDIGE BURGERSKAP – Wat jy moet weet

MEERVOUDIGE BURGERSKAP – Wat jy moet weet

Globalisering het tot gevolg dat mense meer migreer en ook meer gereeld vir meervoudige burgerskappe in aanmerking kom. Sommige lande – soos Zimbabwe en Duitsland, al is hulle twee uiteenlopende pole op die skaal van demokrasie – is baie streng oor die toelaatbaarheid van meervoudige burgerskappe wat hul burgers betref.

Suid-Afrika laat wel meervoudige burgerskappe toe. Jy kwalifiseer vir Suid-Afrikaanse burgerskap op grond van herkoms, geboorte en naturalisasie. Wanneer ʼn Suid-Afrikaanse burger ʼn ander land se burgerskap wil aanvaar, is dit noodsaaklik dat hy of sy eers om behoud van die Suid-Afrikaanse burgerskap moet aansoek doen en sodanige toestemming om behoud ontvang, voordat vir die ander burgerskap aansoek gedoen word. As die toestemming nie eers ontvang word nie, mag so ‘n Suid-Afrikaner sy of haar Suid-Afrikaanse burgerskap verloor.

Uitgerekte argumente word hieroor gevoer, organisasies dreig met regsoptrede en probeer bewys dat Suid-Afrikaanse burgerskapwetgewing in dié verband ongrondwetlik is, maar tot tyd en wyl daar nie ‘n toetssaak hieroor in ‘n hof voorkom nie, bly die wetgewing van krag en moet Suid-Afrikaners dit in gedagte hou as hulle nie hul Suid-Afrikaanse burgerskap wil verloor nie.

Daar word ook van ‘n Suid-Afrikaanse burger wat meervoudige burgerskappe het, vereis dat sy of haar paspoort altyd geldig moet wees. Wanneer na Suid-Afrika gereis word, moet die Suid-Afrikaanse paspoort sonder uitsondering gebruik word om Suid-Afrika binne te kom en weer te verlaat.

Navrae oor burgerskapkwessies kan gestuur word aan wereldwyd@afriforum.co.za

 

Teken in op ons e-nuusbrief en ontvang al ons artikels in jou inboks!

One Comment

  1. I love what you guys are up too. Such clever work and reporting!
    Keep up the amazing works guys I’ve incorporated you guys to my blogroll.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *