Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

Pa’s en seuns-kamp is net om die draai

Pa’s en seuns-kamp is net om die draai

Die meganiese bul staan reg en sommer ook ‘n ‘‘melkkoei’’ en ‘n ‘‘lazer shoot’’ – alles om die tiende jaarlikse kamp vir pa’s en seuns te vier!

Manne kom al sedert 2006 elke jaar in Queensland bymekaar om sommer net saam te kuier en dinge te doen wat mans geniet.

Hulle kyk saam rugby, hou boskerk en bedink allerhande interessante kompetisies – van boeresport en mampoerstook tot die beste biltong en droëwors. Die seuns word geleer hoe om ‘n sweep te maak, met ‘n kettie te skiet, perd te ry, kleilat te gooi en selfs hoe om stokbrood te maak! Deelnemers gaan ook ‘n nagroete stap en ‘n bietjie meer leer omtrent navigasie onder die sterre.

Vanjaar se kamp word die naweek van 13 tot 15 Mei by Horse Gully, ‘n plaas net buite Texas, gehou. Dit is naby die grens tussen Queensland en New South Wales, aan die voete van die asemrowende mooi Bunya Mountain National Park in Suid-Wes Queensland. Jy hoef nie noodwendig ‘n pa of ‘n seun saam te bring nie. Kom sommer op jou eie as jy wil – daar is altyd ekstra manne nodig om te help met die pa’s wat meer as een seun saambring.

Bespreek jou plek by: www.musiekfabriek.global

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *