Pages Navigation Menu

jou migrasie-inspirasie

Die Manne kom weer kuier

Die Manne kom weer kuier

Jan de Wet, Leon Ferreira, Willie Joubert en Dewald Gouws het elkeen al hul stempel op die Suid-Afrikaanse musiekbedryf afgedruk, maar toe hulle begin saamwerk as ‘‘Manne wat Glo’’, is een van die beste Afrikaanse Christelike albums en produksies nóg geskep. 

Na die sukses van hulle 2015-toer na Australië en Nieu Seeland, is hulle gerat om die Koninkryksboodskap nog wyer en verder te verkondig met ‘‘Manne wat glo 2” in 2016.

Op uitnodiging van Musiek Fabriek tree die manne oor ‘n paar weke weer in Australië en Nieu-Seeland op met ‘n splinternuwe produksie.
Volgens Hennie Botha van Musiek Fabriek, is hierdie een van die grootste Afrikaanse musiektoere in die buiteland. Hulle tree in 14 konserte oor ‘n tydperk van 19 dae en in 5 tydsones op. Al die konserte, behalwe die twee Manne-aande, is vir die hele gesin. Jan de Wet gaan spesiaal ‘n voorprogram met gedeeltes uit sy bekende “Jan en die Lofkleuters” vir die jongspan uitvoer.

DIE “MANNE WAT GLO” TREE HIER OP:
Vrydag, 4 Maart 2016 Manne-aand in Brisbane
Saterdag, 5 Maart 2016 Gospel Fees in die Gold Coast
Sondag, 6 Maart 2016 Gospel Fees in Brisbane
Woensdag, 9 Maart 2016 Gospel Fees in Christchurch
Donderdag, 10 Maart 2016 Gospel Fees in Wellington
Vrydag, 11 Maart 2016 Gospel Fees in Hamilton
Saterdag, 12 Maart 2016 Gospel Fees in Auckland South
Sondag, 13 Maart 2016 Gospel Fees in Auckland North
Maandag, 14 Maart 2016 Gospel Fees in Sydney
Dinsdag, 15 Maart 2016 Gospel Fees in Melbourne
Woens, 16 Maart 2016 Gospel Fees in Adelaide
Vrydag, 18 Maart 2016 Manne-aand in Perth
Saterdag, 19 Maart 2016 Gospel Festival in Perth South
Sondag, 20 Maart 2016 Gospel Festival in Perth North

Vir meer inligting: www.musiekfabriek.global

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *